ons storie
"Kettie Meisie" is iemand wat in haarself glo, na haar binneste stem luister en haar ware noord volg. Nie een "Kettie Meisie" se noord is dieselfde nie, en dit maak haar uniek, spesiaal en besonders. Haar innerlike skoonheid, menswees en omgee vir ander, leef sy daagliks nederig en onvoorwaardelik uit. Die "Kettie Meisie" klerereeks verteenwoordig daardie soeke na haar ware noord, wat geïnspireer word deur die keuses van haar hart, die daaglikse besluite wat sy neem en die vreeslose treë wat sy stap in die rigting van haar ware noord ...